Ernst Schürmann

Wyle Ernst Schürmann was meestal bekend vir die diep spore wat hy met trots in die paneelklop bedryf in Pretoria getrap het.

Maar die Boere Duitser se ware sentimente het eintlik by die natuur en jag gelê. Ernst was ‘n ywerige waarnemer van die klein dingetjies in die bos en hy het ‘n unieke passie vir voëltjies gehad.

Ernst se pa, wyle oom Willi (Wielie) Schürmann was die eienaar van die oorspronklike plaas Hoedspruit en een van die eerste privaat wildboere wat vroeër jare spesies soos basterhartebeeste, buffels en swartwitpense op privaat grond buite Hoedspruit gevestig het. Dis op hierdie plaas waar Ernst sy gesonde jagetiek en liefde vir die natuur gekweek het. Hy het terdeë besef dat jag en bewaring ten nouste verweef is.

Dit is ook hier waar Ernst en sy suster Lente as kinders paadjies met ‘n jagluiperd welpie gekruis het. Die besonderse jagluiperdwyfie se naam was Sebieka en met die destydse goedkeuring van Fauna en Flora het hul haar deels in Gezina, Pretoria en deels op die Hoedspruit plaas aangehou. Dié hondmak jagluiperd was vir 9 jaar deel van die Schürmann’s se lewe (fotos aangeheg). Sy suster, Lente Roode, is vandag sinoniem met die bewaring van jagluiperds in Suid-Afrika.

Sy seun Willi het onlangs besluit om van sy pa se jag memoribilia, trofeë en monterings af te skaal omdat die die oorspronklike Schürmann woning net té vol was. Slegs die memoribilia waarby Willi nie baie nostalgiese sentiment het nie, is vanaand beskikbaar op die veiling.

Spesifiek die Pretoria Oos Tak van die SA Jagters se betrokkenheid by die hervestiging van jagluiperds by Rietvleidam sou vir Ernst Schürmann na aan die hart gelê het.

Ernst het ook vir wyle taksidermis; Nico van Rooyen, persoonlik geken en al die monterings is deur Nico hanteer.

Een van die hoogtepunte van Ernst se jag ekspedisies was die jag van ‘n buffelbul op sy pa se plaas asook die jag van ‘n swartwitpens trofee in die noorde van Zimbabwe in 1990. Hy was tipies ‘n man wat ‘n traan van eerbied sou stort toe hy langs die mooi bul gekniel het. Die spesifieke swartwitpensbul se horings is vanaand beskikbaar op die veiling.

Ernst is in 2005 oorlede en sy oorskot is met ‘n veldwagter van Sanparke se toestemming gestrooi by die samevloeiing van die Letaba- en Olifantsriviere in die Krugerwildtuin.

Willi deel dan graag van die Schürmann’s se jag nalatenskap met ons geagte lede vanaand om so ‘n waardige bydrae tot die bewaringsfonds te maak.

Skietbaan Reëls & Standaard Bevele

(BYLAAG 1.2 A)

  1. Die Baanoffisier het die finale gesag op die skietbaan en het die reg om teen onveilige en ongehoorsame deelnemers op te tree.
  2. Opdragte van die Baanoffisier moet onvoorwaardelik en onmiddellik uitgevoer word.
  3. Deelnemers is onderhewig aan die betrokke skietbaan se reëls en moet die Baanregister en die Vrywaringsvorm teken.
  4. Geen persoon onder die invloed van alkohol of narkotiese middels mag die skietbaan betree nie.
  5. Geen alkohol mag tydens die skietoefening op die skietbaan gebruik word nie.
  6. Vuurwapens moet ongelaai op die skietbaanterrein arriveer in ‘n doelgemaakte sak of tas.
  7. Vuurwapens mag net uit ’n sak of tas gehaal word in direkte opdrag van die Baanoffisier op die skietpunt en die lope  moet dan te alle tye in ‘n veilige rigting gerig wees.
  8. Vuurwapens mag nie op die skietpunt hanteer word terwyl enige persoon voor die skietpunt is nie.
  9. Deelnemers wat ‘n handwapen aan hulle liggaam dra moet dit aan die Baanoffisier of -beampte verklaar, onder toesig veilig maak op die skietpunt en weer terugplaas in die holster aan sy liggaam. Die handwapen mag slegs weer gelaai word na die skut die skietbaan verlaat het en op pad uit die skietbaanterrein is.
  10. Veilig verklaarde vuurwapens moet in sakke of tasse wees tydens beweging tussen skietpunte.
  11. Gehoor- en oogbeskerming is verpligtend.
  12. Toeskouers en wagtende deelnemers moet ten minste 10m agter die skietpunt wees, of buite die sigveld van die Baanoffisier. Voorts moet hulle gehoorbeskerming dra en stil wees terwyl geskiet word.

(BYLAAG 1.2B)

Geen skuts of toerusting op die skietpunt alvorens die Baanoffisier die opdrag gee:

  1. “Skuts na die skietpunt. Vuurwapens bly in sakke of tasse tot verdere bevele”.
  2.  “Die baan is gesluit (toe)”.
  3. Die Baanoffisier of -beampte besoek elke skut individueel en beveel: “Haal uit, verklaar en wys veilig”.
  4. Baanoffisier verduidelik skietoefening/inskietoefening en allokeer ‘n teiken aan elke skut op die skietpunt.
  5. “Neem skietposisie in en verstel visiere/teleskope”
  6. “Oog- en oorbeskerming”
  7. “Laai en maak gereed” (laai magasyn/ kamer van enkelskoot vuurwapens en grendel bly oop)
  8. “Is almal gereed?” – skuts wat nie gereed is nie moet aanduiding gee.
  9. “Die aflossing is nog nie gereed nie” – indien so aangedui.
  10. “Almal is gereed – sluit grendel en staan by” – met die snellervinger langs die snellerbeuel
  11. “Blaas fluitjie” of gee bevel “vuur” (tydens inskietoefening mag skut vuurwapens omruil binne tyd van oefening)
  12. Na verloop van voorgeskrewe tyd: Blaas fluitjie of gee bevel “stop”
  13. “Ontlaai, maak veilig” - Na die proses van ontlaai en veilig maak, mag die skut die vuurwapen neersit met die loop in ‘n veilige rigting gerig, maar hy moet by sy geweer bly en wag vir sy inspeksie
  14. In gevalle waar slegs van skietposisie op dieselfde afstand verander word, word bevele vanaf punt 4 herhaal.
  15. Voordat na ‘n volgende skietpunt beweeg word, beweeg Baanoffisier of -beampte na elke skut en beveel: “wys veilig” en daarna “pak weg” – vuurwapen word met rooi veiligheidsvlaggie in posisie of grendel verwyder of oop of toe aksie met die slagpen ontspan in sak of tas gebêre.
  16. Na alle vuurwapens geïnspekteer is verklaar Baanoffisier: “Die baan is veilig, tel doppies op en beweeg na volgende skietpunt”
  17. Op opvolgende skietpunte van dieselfde skietoefening word die bevele vanaf punt 4 herhaal.
  18. Na afloop van skietoefening moet vuurwapens veilig in sakke / tasse geplaas word, voordat tellings geneem of terug na die aanvanklike skietpunt geloop word.

 

Notas:

  1. In geval van noodtoestand – “STAAKVUUR, STAAKVUUR!” of met lang fluitjie blaas
  2. Baanoffisier mag oorblywende tydsintervalle uitroep indien versoek word

Top Gun Trofee en Skietspan Keuring

Die Top Gun Trofee is‘n interne Pretoria Oos Takprestasie erkenning aan die skut wat die hoogste gemiddelde punte gedurende die spesifieke kalenderjaar verdien het.

Om in aanmerking te kom kan die skuts aan enige van die volgende tabelle deelneem:

  • Vlakte (Springbok)
  • Bosveld (Blouwildebees)
  • Rooibok tabel – sonderrus
  • Rooijakkals
  • Vlakvark
  • Grootkaliber (Buffel)
  • Randslag (.22)

‘n Skut moet ‘n minimum van 3 tellings per 5 (minimum) onderskeie oefeninge gedurende die periode vanaf Januarie tot Oktober aanteken om in aanmerking te kom vir die trofee. Elke skut se 5 hoogste gemiddelde tellings oor die 7 oefeninge sal gebruik word om sy gemiddeld aan die einde van die jaar te bepaal. Die skut met die hoogste gemiddeld wen.

Die reëls en vereistes soos deur die SAJWV Hoofkantoor vasgestel sal geld vir die verskillende oefeninge.

Vir alle tabelle word afsonderlike drie plekke asook ‘n wisseltrofee aan die einde van die jaar toegeken.

Die Handwapen en Haelgeweer tabel sal nie in ag geneem word vir die Top Gun Trofee nie, omdat nie alle skuts die gepaste wapens het nie, maar daar sal wel erkenning gegee word aan die hoogste gemiddelde telling per elke afsonderlike tabbel.

Enige gelykop uitslag na 3 top tellings sal die 4de hoogste telling ens gebruik word om ‘n uitslag te bepaal, maar die vierde punt sal nie in berekening gebring word vir die Top GunTrofee nie, slegs vir die uitslag van die spesifieke tabel.

Sover moontlik sal die Top Gun Trofee oefeninge op elke takskiet aangebied word. Baanoffisiere moet ingelig word om die V-kolle wat geskiet word op die tabelle op die skuts se tellings aan te dui as 260.5 ens.

Reëls en regulasies aangaande skietpunte:

Die reëls sal toegepas word vir alle toekennings, kompetisies asook vir alle spanne wat gekies sal word om amptelik as ’n Pretoria-Oos span deel te neem.

Slegs punte behaal op Pretoria-Oos se amptelike skietdae sowel as punte behaal op streek-intertak en nasionale vlak sal in ag geneem word vir erkenning, soos MVS, R100 000 skiet, Streek- en Presidentskiet.

Intertak-skietspan keuring:

Spanne vir intertak sal gekies word volgens die ranglys van die Vlakte en Bosveld tabelle asook met ’n span samestelling van ervaring en leierskap. As daar gekyk word na die laaste paar jare se resultate van kompetisies, was dit duidelik dat spanne wat ervare skuts insluit beter presteer op nasionale vlak. Daar sal ook gekyk word na prestasies behaal in spanverband sowel as individuele prestasies op streek- en nasionale kompetisies. Daar sal ‘n poging aangewend word om hoogs kompeterende spanne saam te stel asook om opkomende skuts op streekvlak blootstelling te gee.

Indien die spanne nie vol is nie sal die skuts wat twee tellings het, se hoogste gemiddeld gebruik word om die spanne op te vul.

Pretoria Oos Tak

Dankie vir jou belangstelling in die Pretoria Oos tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildsbewarings Vereniging.

Person wat by die tak wil aansluit kan dit aanlyn by secure.sahunters.co.za doen.  


Lede Administrasie


Mia Vermeulen
Tel: 084 581 5194
e-mail:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Pos Adres


Postnet Suite 516
Private Bag X10
Elarduspark
0047      


Bank Besonderhede -
Moet asb nie SAJWV lede geld in hierdie rekening inbetaal nie.

Bank:            ABSA
Tak:             Menlyn Square
Tak kode:      520345
Rekening No: 4051403067
Tipe:            Tjek (Current)

 

We have 91 guests and no members online