Bewaring

Definisie

Bewaring kan baie wyd gedefinieer word.  Daarom dat die SAJWV ‘n Bewaringshandves tot stand gebring het om Bewaring wetenskaplik te definieer en om dit ordelik te kan koördineer. Van die belangrike aspekte volgens die aanhef tot die SAWJV Bewarings handves beskryf Bewaring as volg:

  • Ons doen dit nie bloot op ons eie nie, dit word gedoen in ooreenstemming met die Wêreldbewaringsfonds (IUCN)
  • Is volhoubare benutting van die natuur en alle natuurlike bronne
  • Is ‘n gemeenskaplike verantwoordelikheid
  • Is gefokus op inheemse natuurlewe van SA
  • Beteken dat almal bevoordeel word uit volhoubare benutting van die natuur
  • Jag is ‘n volhoubare benuttingsaktiwiteit, tesame met ontelbare ander aktiwiteite
  • Is gerig op bevolkings van spesies eerder as individu van spesies
  • Bewaring kan nie net op skaars/bedreidgde spesies konsentreer nie, maar eerder op alle spesies.

Hoekom die klem op bewaring?
(Komplimente aan Dr Herman Els, SAJWV Bestuurder Bewaringskoördinering)

  1. Bedreiging.  Die jagbedryf word bedreig vanaf verskeie oorde. Die aanslag op vuurwapens (anti-gun lobby), op jag (anti hunting lobby) en die staat se beleid om die jag bedryf skoon te maak omdat dit elitisties is en nie voordele vir veral plaaslike gemeenskappe inhou nie, is aan almal bekend. Die grooste bedreiging is egter onkunde van die jagter self. Dat die jagter ‘n baie belangrike rol speel in die beskerming en bewaring van fauna en flora is onmiskenbaar. As die jagter dit egter met kennis doen oor hoe hy regtig die ekologie bewaar deur sy jag aktiwiteite sal dit baie doen om die aanslag teen jagters af te weer.
  2. Biodiversiteit.  Deur net die sneller te trek is nie genoeg om te bewaar nie. Ons natuur is ‘n komplekse en meestal tenger sisteem wat ‘n mens dwing om elke gevolg van elke handeling behoorlik te deurdink. Kyk hoe vinnig kan ‘n spesie skielik op die bedreigde lys beland. Biodiversiteit is nie net die natuur nie. Dit is ook die mens in daardie natuur. Is hy ‘n buurman, ‘n gids of ‘n kok. Wat is sy rol in die biodiversiteit. Kennis oor biodiversiteit is dus belangrik vir die jagter want hy maak dan met sy kennis ‘n reuse bydrae om biodiversiteit te bevorder. Anders sal ons later net rooibokke en koedoes het om te jag en daarna sal ons hulle moet “can” omdat hulle nie in die natuur kan oorleef nie.
  3. Vaardighede.  Daar was nog altyd ‘n verskil tussen jag en slag. Slag is wanneer jy iets skiet bloot weens die feit dat jy ‘n wapen het. Of dit die laaste dier op die planeet is, of hy klein of groot is of jy die dier gaan gebruik of nie, maak nie saak nie. Nou dis nie jag nie en nog minder is dit bewaring. Jag vaardighede wat wapen vaardigheid insluit is belangrik vir bewaring. Jy moet die wild ken wat jy jag, mag jy die dier jag, wat is die beste skootplasing, hoe ver kan ek skiet, is die dier dalk dragtig ens,ens. Binnekort sal daar norme en standaarde wees wat dit gaan begin voorskryf. Miskien te streng veral as dit van owerheid se kant af kom, maar die feit bly dat die jagter sy vaardighede op knap. Dit is nie meer net vir die geweer uit die kluis haal agter in die Landcruiser gooi en dan gaan jy jag nie. Wildboere begin al reeds sekere vaardighede van jagters vereis voordat daar gejag mag word. Dit is egter belangrik want deur beter vaardighede te verkry word die natuur beter bewaar.

Wat is Bewaring dan in praktyk?

In die praktyk behels bewaring vanuit ‘n jagter se oogpunt kortliks die volgende:

  1. Kennis van natuur en industrie – Dit sluit in jagspesie wat gejag word, habitat, flora, die verbruik van die gejagte dier, werkgeleenthede wat geskep word agv jag ens.
  2. Ontwikkeling en instandhouding van vaardighede – Gekweste diere is nie deel van bewaring nie!! Neem gereeld deel aan ge-organiseerde takskietdae.
  3. Ingesteldheid op fauna/flora/omgewing – Dit is ‘n baie wye stelling en omsluit bogenoemde asook aspekte soos rommel, carbon footprint, ens, ens

 

 

Pretoria East Trophy Register

A dictionary definition of a trophy is “a memento or souvenir, e.g. a deer’s antlers, taken in hunting”. Just because the horns of an animal you have hunted do not make the minimum of a recognised measurement system like Rowland Ward, SCI or SAHGCA does not mean that it is not a trophy. Any horns, tusks etc that you intend to keep is essentially a memento to you of your hunt and is YOUR trophy.

We want to get these trophies measured and entered into a PTA East SAHGCA Register specifically for PTA East SAHGCA branch members. We will set a new lower minimum of 80% of the SAHGCA (and Rowland Ward) minimums for each species. Any trophy with measurements equal to or exceeding these minimums will be added to the register. One may argue that there should then be no minimum set for trophies. We would not however want to register immature or juvenile animals. An 80% cut-off will generally ensure that only mature, representative specimens are registered into the branch trophy register.

All trophies meeting the PTA East requirements will be entered into the PTA East Register but those making the SAHGCA minimums will also be submitted for registration into the SAHGCA trophy register.

We will introduce recognition awards for “New Trophies” at our annual year end functions in categories similar to those used by the national office.

  • Hunting Trophy of the Year for Seniors and Juniors. This recognises the best trophy of the year across all species.
  • Species Trophy of the Year. The best specimen in each species registered will be recognised
  • Species Trophy of the Year. Recognises the new largest trophy across all species.

We will have a qualified measurer at each branch social so bring your old and new trophies to any of these occasions and have them registered. Remember that old trophies do not need any documentation but new trophies will require proof that the trophy was legally hunted.

Please see the attached document with all the current trophies that are registered with Pretoria East branch.

 

Haelgeweer Belangegroep

Belangrike Datums:

13 April    Eland tak            Streek Haelgeweer Intertak skiet te   Wattle Spring Sport Shooting Club

27 April    Kwagga tak       Streek Haelgeweer Intertak skiet te   PE Kleiduifklub

25 Mei     Swartland tak   Streek Haelgeweer Intertak skiet te   Valley Gun Club Durbanville

17 Aug     Vaalrivier           Streek Haelgeweer Intertak skiet te   Hartbees tak Potchefstroom

7   Sept    Pretoria Oos     Streek Haelgeweer Intertak skiet te   Wattle Spring Sport Shooting Club

14 Sept   Stormberg         Streek Haelgeweer Intertak skiet te   Winterberg Gun Club Adelaide

 

 

Attachments:
Download this file (Shotgun Ranking August 2019.pdf)Shotgun Ranking August 2019.pdf[ ]60 kB

Opleiding

Soos deur die vuurwapen wet bepaal word, kan lede kom vir Toegewyde Jagter en/of Sport Skiet opleiding.  Hierdie opleiding vind plaas in Februarie, Mei, Augustus en November.

Lede moet ten minste ’n week of meer vooraf hul plek bespreek by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Die Toegewyde Jagters kursus behels ’n lesing wat bygewoon moet word, ’n 200 punt teoretiese eksamen asook ’n 3 skoot skiet-eksamen.

Die Toegewyde Sport Skiet is ’n 100 punt teoretiese eksamen wat voltooi moet word.

Vir die juniors in ons tak word daar tussen 2 en 4 kampe ’n jaar aangebied, afhangende wat die belangstelling.  Hier word ons toekomstige lede geleer van oorlewing, jag, spoorsny, vuurwapen veiligheid, visvang en nog vele meer.

 

 

Ledevergaderings

Die maandelikse lede-aand word gewoonlik gehou op die derde Woensdagaand van elke maand. Die gereelde venue vir ons lede-aande is Rafters Pub & Grill uit op Garsfontein Weg, of die lapa by Rietvlei natuurreservaat.

Tydens hierdie geleentheid word lede en hul gesinne die kans gegun om in ’n ontspanne luim met medejagters kontak te maak. Die aand begin met ‘n verwelkoming deur die voorsitter, sowel as ‘n paar afkondigings waartydens daar ook terugvoer gegee word oor die tak se afgelope en beplande aktiwiteite. Dan is daar ’n kort aanbieding deur kundiges oor onderwerpe wat vir ons lede interessant is. Onderwerpe wat in die verlede groot aftrek gekry het sluit in: Gehoor- en oogbeskerming, Bewaringsaksies, Jakkalsjag, Oorlewing in die bos, Trofeemeet, “The Diana Files” (vroulike jagters deur die geskiedenis) aangebied deur outeur Fiona Capstick,  Taksidermie, Voorbereiding vir die jag, Boskos en vele meer. Hou die kalender dop vir inligting oor wat beplan word vir hierdie jaar.

Na die praatjie kan diegene wat wil saam kuier en ietsie van die braai en kroeg af geniet.

In die somermaande, hou ons die lede-aand in die opelug by Rietvleidam se lapa. Hierdie aande is vir ons ekstra spesiaal en dan word daar gewoonlik jagstories vertel terwyl die kampvure brand en die jakkalse van die reservaat in die verte van hulle laat hoor. Dis ’n gewilde plek vir gesinne (kinders is ook welkom). Lede bring hul eie piekniekmandjie met eetgerei, eet- en drinkgoed (ons verskaf die braaivure).

Dan moet die Maartmaand-ledeaand ook uitgesonder word as ‘n hoogtepunt van die jaar. Dis wanneer ons 'n veiling hou. Alle opbrengste van die veiling is ten bate van ons bewaringsfonds.

Kom stel jouself voor en word deel van ons familie!

Aanwysings na Rafters Pub & Grill en Rietvlei Lapa

 

 

We have 139 guests and no members online