Aanwysings

Genl Piet Joubert Skietbaan

Koördinate:  25°26'40.5"S 28°23'40.0"E

Pietersburgsnelweg A

  • Neem Zambezi-afrit (OOS)
  • 2de verkeerslig (± 1 km) draai links (NOORD) in Molotopad.
  • Ongeveer 24km verder neem Hammanskraal-afrit (draai links / WES) - daar is 'n TOTAL vulstasie / plaaswinkel aan die regterkant van die pad. Volg die grondpad vir ongeveer 12 km - skietbaan is aan jou linkerkant - volg aanwysings.

Pietersburgsnelweg B

  • Neem Zambezi-afrit (OOS)
  • 2de verkeerslig (± 1 km) draai links (NOORD) in Molotopad.
  • Ongeveer 18km verder, 'n kilometer of twee na die SAPD Hondeskool, is die Walmansdal-afrit na links, neem die afrit, dis vir ongeveer 2 kilometer 'n teerpad en word dan 'n grondpad.
  • Ry tot by T-aansluiting, draai regs tot by volgende T-aansluiting draai links, die baan is onmiddelik aan die linkerkant.

Pietersburgsnelweg C (Tolhek)

  • Neem Boekenhoutskloof / Hammanskraal-afrit - oor snelweg in 'n Oostelike rigting op grondpad vir ongeveer 12 km. Skietbaan is aan jou regterkant - volg aanwysings.


Rafters Pub Pretoria

Koördinate:  25°51'03.4"S 28°19'49.9"E

  • Oos uit op Garsfontein Weg verby PTA oos hospitaal.
  • Oor De Villa Bois Maruile verby Woodlands.
  • Steeds op Garsfontein Weg in oostelike rigting verby Mooikloof Estate.
  • So 1km na Mooikloof Estate op regterkant, by die B House.


Rietvlei Lapa

Koördinate:  25°53'06.2"S 28°16'34.1"E

N1 Suid vanaf die N4

  • Ry op die N1 suid tot by die R21.
  • Neem die R21 afrit en ry na OR Tambo lughawe in ‘n oostelike rigting.
  • Die eerste afrit wat u kry is Nelmapius, gaan daar af en draai link in Nelmapius.
  • By die eerste verkeerslig draai reg op die M57.
  • Ry vir 1,7 km op die M57 en draai dan links in 12de straat.
  • 12de straat maak eers ‘n regs en dan ‘n links draai en dan is Rietvlei Natuur Resevaat se hek voor u.  Neem ‘n kaartjie by die wag en volg die padaanwysings tot by die lapa

 

 

 

 

 

We have 124 guests and no members online