Opleiding
Soos deur die vuurwapen wet bepaal word, kan lede kom vir Toegewyde Jagter en/of Sport Skiet opleiding. Hierdie opleiding vind plaas in Februarie, Mei, Augustus en November.
Lede moet ten minste ’n week of meer vooraf hul plek bespreek by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Die Toegewyde Jagters kursus behels ’n lesing wat bygewoon moet word, ’n 200 punt teoretiese eksamen asook ’n 3 skoot skiet-eksamen.
Die Toegewyde Sport Skiet is ’n 100 punt teoretiese eksamen wat voltooi moet word.
Vir die juniors in ons tak word daar tussen 2 en 4 kampe ’n jaar aangebied, afhangende wat die belangstelling. Hier word ons toekomstige lede geleer van oorlewing, jag, spoorsny, vuurwapen veiligheid, visvang en nog vele meer.