Tak Skietaktiwiteite



Pretoria Oos tak se maandelikse skietdag vind elke tweede Saterdag van die maand plaas by Generaal Piet Joubert skietbaan. Registrasie begin 07:00 en ons begin met opening om 07:45.  Die dag se skiet eindig gewoonlik 14:00.  U is meer as welkom om vriende of familie saam te bring.  Koffie en beskuit word voorsien by die inskruiwingstafel.  Daar word gewoonlik ook koeldrank en hamburgers verkoop, maar u is meer as welkom om iets te ete en koeldrank saam te bring.  Let wet geen alkohol word toegelaat nie.

Daar is ‘n inskiet baan op 100m en later deur die oggend 200m ook.  Daar kan inskiet teikens by die baan gekoop word maar u kan u eie saambring.  Verder kan ‘n skut deelneem in die standaard SAHGCA skiettabelle.  Dit sluit in vlakte (springbok), bosveld (bluwildebees), rooibok (sonder rus), rooijakkals, vlakvark, buffle (groot kaliber), randslag (.22), haelgeweer asook handwapen in.  Vir die skiet van die tabelle word alle teikens voorsien deur die tak.

Algemene toerusting

Die inskietbaan is baie gewild en ons beveelaan dat elke skut vir hom ‘n skietmat of ‘n skiettaflel en ‘n stabielle skietstut saambring.

Indien u tabelle gaan skiet, maak asb seker dat u die korekte toerusting het vir die verskillende dissiplines.  Elke tabel se reels en skiettegnieke verkil. Die baanbeampte sal dit deeglik verduidelik voor die skiet van ‘n spesifieke table begin.

Skietbaan Veiligheidsreëls vir Deelnemers

Veiligheid is ons nommer een prioriteit en alle lede en besoekers moet die volgende reels nakom:

  1. Die Baanoffisier het die finale gesag op die skietbaan en het die reg om teen onveilige en ongehoorsame deelnemers op te tree.
  2. Opdragte van die Baanoffisier moet onvoorwaardelik en onmiddelik uitgevoer word.
  3. Deelnemers is onderhewig aan die betrokke skietbaan se reels en moet die Baanregister en die Vrywaringsvorm teken.
  4. Geen persoon onder die invloed van alkohol of narkotiese middels mag die skietbaan betree nie.
  5. Geen akohol mag tydens die skietoefening op die skietbaan gebruik word nie.
  6. Vuurwapens moet ongelaai op die skietbaanterrein arriveer in ‘n doelgemaakte sak of tas.
  7. Vuurwapens mag net uit ‘n sak of tas gehaal word in direkte opdrag van die Baanoffisier op die skietpunt en die lope moet te alle tye in ‘n veilige rigting gerig wees.
  8. Vuurwapens mag nie op die skietpunt hanteer word terwyl enige persoon voor die skietpunt is nie.
  9. Deelnemers wat ‘n hadwapen aan hulle liggaam dra moet dit aan die Baanoffisier of –beampte verklaar, onder toesig veilig maak op die skietpunt en weer terugplaas in die holster aan sy liggaam.  Die handwapen mag slegs weer gelaai word na die skut die skietbaan verlaat het en op pad uit die skietbaanterrein is.
  10. Veilig verklaarde vuurwapens moet in sake of tasse wees tydens beweging tussen skietpunte.
  11. Gehoorbeskerming is verpligtend en oogbeskerming word ten sterkste aanbeveel.
  12. Toeskouers en wagtende deelnemrs moet ten minste 10m agter die skietpunt wees, of buite die sigveld van die Baanoffisier.  Voorts moet hulle gehoorbeskerming dra en stil wees terwyl geskiet word.  

Standaard Bevele op die Skietbaan

Geen skuts of toerusting op die skietpunt alvorens die Baanoffisier die opdrag gee:

  1. “Skuts na die skietpunt. Vuurwapens bly in sake of tasse tot verdure bevele”
  2. “Die baan is gesluit (toe)”
  3. Die Baanoffisier of  beampte besoek elke skut individueel en bevel “Haal uit, verklaar en wys veilig”
  4. Baanoffisier verduidelik skietoefening / inskietoefening en allokeer ‘n tieken aan elke skut op die skietpunt.
  5. “Neem skietposisie in en verstel visiere / telescope”
  6. “Oog- en oorbeskerming”
  7. “Laai en maak gereed”(laai magasyn / kamer vir enkelskoot vuurwapens en grendel bly oop).
  8. “Is almal gereed?” - skuts wat nie gereed is nie moet aanduiding gee.
  9. “Die aflossing is nog nie gereed nie” – indien so aangedui.
  10. “Almal is gereed – sluit Grendel en staan by” – met die snellervinger langs die snellerbeuel.
  11. “Blaas fluitie” of gee bevel “vuur” (tydens insietoefening mag skut vuurwapens omruil binne tyd van oefening).
  12. Na verloop van voorgeskrewe tyd : Blaas fluitjie of gee bevel “stop”.
  13. “Ontlaai, maak veilig” – Na die proses van ontlaai en veilig maak, mag die skut die vuurwapen neersit met die loop in ‘n veilige rigting gerig, maar hy moet by sy geweer bly en wag vir sy inspeksie.
  14. In gevalle waar slegs van skietposisie op dieslfde afstand verander word, word bevele vanaf punt 4 herhaal.
  15. Voordat na ‘n volgende skietpunt beweeg word, beweeg die Baanoffisier of –beampte na elke skut en bevel: “wys veilig” en daarna “pak weg” – vuurwapen word met rooiveiligheidsvlaggie in posisie of Grendel verwyder of oop of toe aksie met die slagpen ontspan in sak of tas gebêre.
  16. Na alle vuurwapens geinspekteer is verklaar Baanoffisier: “Die baan is veilig, tel doppies op en beweeg na volgende skietpunt”
  17. Op opvolgende skietpunte van dieselfde skietoefening word die bevele vanaf punt 4 herhaal.
  18. Na afloop van skietoefening moet vuurwapens veilig in sake / tasse geplaas word, voordat tellings geneem of terug na die aanvanklike skietpunt geloop word.

Notas

  1. In geval van noodtoestand – “STAAKVUUR, STAAKVUUR!!! of met lang fluitjie blaas.
  2. Baanoffisier mag oorblywende tydsintervalle uitroep indien versoek word

Aanwysings na Piet Joubert skietbaan

Lees ook:

Top Gun Trofee Reels en Skietspan Keuring

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Pretoria Oos tak se maandelikse skietdag vind elke tweede Saterdag van die maand plaas by Generaal Piet Joubert skietbaan. Registrasie Read More
  • Ledevergaderings

    Die maandelikse lede-aand word gewoonlik gehou op die derde Woensdagaand van elke maand. Die gereelde venue vir ons lede-aande is Read More
  • Opleiding

    Soos deur die vuurwapen wet bepaal word, kan lede kom vir Toegewyde Jagter en/of Sport Skiet opleiding. Hierdie opleiding vind Read More
  • Bewaring

    DefinisieBewaring kan baie wyd gedefinieer word. Daarom dat die SAJWV ‘n Bewaringshandves tot stand gebring het om Bewaring wetenskaplik te Read More
  • 1

We have 31 guests and no members online