• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters Nasionale Webwerf


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Lede Administrasie

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Jagbestemmings

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Pretoria Oos Tak

Die PTA oos tak van die Suid Afrikaanse Jagters en Wilds bewaring Vereniging (SAJWV),  was gestig deur ’n handjie vol  lede in Oktober 1999 in die ooste van Pretoria.  Die stigters lede en bestuur het die tak op hoe waardes en beginsels gebou wat tot vandag toe die gebruik is.
In die vroeër jare was lede-aande in ’n klein saaltjie by ’n tennisbaan gehou.  Die tak se ledetal het konstant gegroei  en takaktiwiteite het dienooreenkomstig daarby aangepas.  Vandag is Pretoria Oos die grootste tak van SA Jagters met ’n ledetal van ±3500.
Pretoria Oos tak bied ‘n verskeidenheid van aktiwiteite aan  lede en daar word deurgaans versoek van lede om aan diesulke aksies deel te neem. Verder is die bestuur altyd op die uitkyk na nuwe idees en bereidwilliges om hierdie aktiwiteite selfs nog uit te brei.  Alle aktiwiteite is familie-vriendelik en lede word aangemoedig om hulle gesinne saam te bring.
Huidige aktiwiteite is soos volg:
  • Maandelikse skietdae. Tydens die skietdae word daar 10 verskillende bane aangebied vir ons lede en besoekers. Hierdie bane behels die amptelike SA Jagters tabelle en wissel van inskiet en jaggeweer bane tot handwapen en haelgeweer. Die tabelle voldoen ook aan die sportskiet vereistes. Veiligheid is altyd ons nommer een prioriteit, so goed opgeleide baanoffisiere is altyd op diens. Die takskiet vind plaas op die 2de Saterdag van die maand te Genl. Piet Joubert skietbaan.
  • Skietspanne. Pretoria Oos tak spog met die beste skietspan in die land. Hierdie manne en dames se skietvernuf is besonders en hulle is altyd bereid en gewillig om nuwe lede leiding te gee.
  • Kleiduifskiet is ’n aktiwiteit wat met baie entosiasme en belangstelling toeneem by alle takke regoor die land. Ons tak spog met ses elektroniese kleiwerpers wat elke maand gebruik word om die lede se skietvernuf te toets. Pretoria Oos tak het ook in 2018 die eerste nasionale SA Jagters Haelgeweer kompetisie aangebied.
  • Opleiding word gebied vir oud en jonk. Daar is jaarliks 4 geleenthede vir ons lede om Toegewyde Jagter of Toegewyde Sportskut eksamens af te lê. Vir die juniors word daar 2 kampe ’n jaar aangebied waartydens hulle geleer word van spoorsny, die natuur in geheel, visvang, jag, wapen veiligheid en nog vele meer.
  • Dames en junior skietdag. Jaarliks word 1 skietdag aan dames en juniors afgestaan. Tydens hierdie geleentheid help van ons lede om hul skiettegniek te verbeter, maar belangrik, kry dames en juniors die geleentheid om met verskillende wapens te skiet. Sodoende poog ons om hul meer betrokke te kry.
  • Kommunikasie aan lede word deur middel van epos gedoen. Twee e-posse ’n maand word aan die lede gestuur. Die webwerf word ook konstant opgedateer.
  • Maandelikse lede-aande word gehou waartydens gassprekers kom gesels oor interessante onderwerpe.
  • Bewaring is vir Pretoria Oos tak van kardinale belang. Daarom is die tak konstant besig met bewaringsprojekte en aksies by reservate in en om Pretoria.
Ons nooi oud en jonk hartlik uit om deel te word van die Pretoria-Oos jagtersfamilie.

Kalendar

13 Apr 2019
07:30AM - 02:00PM
Takskiet
17 Apr 2019
07:00PM - 09:00PM
Ledeaand - Veiling
09 May 2019
07:00PM -
Toegewyde Jagter/Sportskiet Opleiding
11 May 2019
07:30AM - 02:00PM
Takskiet
15 May 2019
07:00PM - 09:00PM
Ledeaand
08 Jun 2019
07:30AM - 02:00PM
Takskiet
19 Jun 2019
07:00PM - 09:00PM
Ledeaand

Tak Nuus

Goeie dag vriende en mede- jagters

Ons hoop dat almal lekker gerus het oor die feestyd en dat almal 'n baie mooi geseënde 2019 sal hê.

Skietdag
:
Die nuwe jaar begin teen 'n spoed vir Pretoria Oos tak met die eerste skietdag reeds hierdie komende Saterdag die 12de Januarie by Generaal Piet Joubert skietbaan.  Die dag se aktiwiteite sal om 8:00 begin.  Lede word versoek om voor 08:00 daar te wees om te registreer en om ‘n koffie saam te kom geniet.

Al die gewone tabelle, as ook inskiet, randslag en fisant by haelgeweer sal Saterdag geskiet word.  
Baanoffisiere word versoek om asb. vanaf 6:30 by die baan te wees sodat die bane opgestel kan word.  

Lede-aand:
Ons eerste lede-aand vind plaas op Woensdag die 16de Januarie by Rietvlei Lapa. Daar gaan nie ‘n gasspreker wees die aand nie.  Die jaarprogram sal vinnig bespreek word waarna almal lekker saam kan kuier en braai.  

Bring gerus die hele gesin om die aand saam te kom geniet.

Opleiding:
Die eerste opleiding vir 2019 is die 7de Februarie.  Kontak asb. vir Mia by ptaoosjagters@gmail.com  om julle plekke te bespreek.

Veiling:
Pretoria Oos tak se jaarlikse veiling vind plaas Woensdag 17 April by Rietvlei. Alle lede word hartlik genooi om die aand saam ons te kom geniet.  

Hierdie veiling is altyd een van ons tak se hoogte punte en alle opbrengste gaan vir ons bewarings fonds.

Indien daar enige lede is wat vir ons ietsie kan skenk om op te veil, moet hulle asb vir Mia kontak by ptaoosjagters@gmail.com

Junior Opleiding:
Hiermee nooi ons graag al ons junior-lede tussen 7 & 18 jaar oud om die volgende belangrike datums op hul kalender aan te teken

1 - 3 Maart 2019 en/of 5 - 8 Sept 2019.

Meer inligting sal volg in volgende maand se nuusbrief

Groete vanaf die komitee

Pretoria Oos Tak

Dankie vir jou belangstelling in die Pretoria Oos tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildsbewarings Vereniging.

Person wat by die tak wil aansluit kan dit aanlyn by secure.sahunters.co.za doen.  


Lede Administrasie


Mia Vermeulen
Tel: 084 581 5194
e-mail:  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Pos Adres


Postnet Suite 516
Private Bag X10
Elarduspark
0047      


Bank Besonderhede -
Moet asb nie SAJWV lede geld in hierdie rekening inbetaal nie.

Bank:            ABSA
Tak:             Menlyn Square
Tak kode:      520345
Rekening No: 4051403067
Tipe:            Tjek (Current)

 

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Pretoria Oos tak se maandelikse skietdag vind elke tweede Saterdag van die maand plaas by Generaal Piet Joubert skietbaan. Registrasie Read More
  • Ledevergaderings

    Die maandelikse lede-aand word gewoonlik gehou op die derde Woensdagaand van elke maand. Die gereelde venue vir ons lede-aande is Read More
  • Opleiding

    Soos deur die vuurwapen wet bepaal word, kan lede kom vir Toegewyde Jagter en/of Sport Skiet opleiding. Hierdie opleiding vind Read More
  • Bewaring

    DefinisieBewaring kan baie wyd gedefinieer word. Daarom dat die SAJWV ‘n Bewaringshandves tot stand gebring het om Bewaring wetenskaplik te Read More
  • 1

We have 91 guests and no members online